Month: Oktober 2017

Van Wurms Tot Oorlog

Dit was die eerste keer dat die tienjarige Cleo gaan visvang het. Hy het in die blik met die aas gekyk en gehuiwer. Uiteindelik het hy vir my man gesê: “Help my, E-I-B-V-W!” Toe my man hom vra wat verkeerd is, het Cleo geantwoord: “E-I-B-V-W! Ek is bang vir wurms!” Sy vrees het hom lamgelê. Hy kon nie optree nie.…

Genoeg

Toe ek en my man gevra is om ’n klein groepie in ons huis te ontvang, wou ek onmiddellik weier. Ek het onbekwaam gevoel. Daar was nie sitplek vir almal nie en die huis te klein om baie mense te akkommodeer. Was ons bekwaam genoeg om die besprekings te fasiliteer? En as ek kos moet voorberei? Die passie en fondse…

Hoe Lank Nog?

Toe ek getrou het, het ek gedink ek sal dadelik kinders hê. Dit was egter nie die geval nie en die pyn van onvrugbaarheid het my op my knieë gedwing. Ek het dikwels tot God uitgeroep: “Hoe lank nog?” Ek het geweet God kon my omstandighede verander. Waarom het Hy nie?

Wag jy op God? Vra jy: Hoe lank nog,…

As Ek Toe Geweet Het

Op pad werk toe het ek na die liedjie: “Dear younger me,” geluister. Daarin word die vraag gestel: As jy met al die kennis waaroor jy tans beskik kon teruggaan na die verlede, wat sal jy vir jou jonger self vertel? Ek het gedink aan die brokkies wysheid en vermanings wat ek my jonger, minder wyse self sou gee. Die…

Hy Sweef Bokant Ons

Betty se dogter het ná ’n oorsese reis siek tuis gekom. Toe haar pyn ondraaglik word, het Betty en haar man haar na die noodeenheid geneem. Die dokters en verpleegsters het aan die werk gespring en ná ’n paar uur het een van die verpleegsters vir Betty kom sê: “Jul dogter gaan gesond word. Ons sal mooi na haar kyk…

Goddelike Onderbrekings

Kenners is dit eens dat ’n verstommende hoeveelheid tyd daagliks vermors raak deur onderbrekings. ’n Telefoonoproep of ’n onverwagse besoek kan ons, of ons tuis of by die werk is, maklik van wat ons as ons hoofdoel beskou, laat ontspoor.

Nie almal van ons hou van onderbrekings in ons daaglikse lewe nie, veral nie wanneer dit tot ongerief of ’n…

Nood Leer Bid

Marc onthou sy pa het die gesin byeengeroep. Hul motor was onklaar, en spoedig sou daar nie meer geld wees nie. Marc se pa het stil geraak, gebid, en toe sy gesin gevra om op God se antwoord te wag.

Marc vertel God se hulp het op verrassende maniere gerealiseer. ’n Vriend het die motor herstel; onverwagte tjeks is ontvang…

Volmaakte Gebedsvriend

Daar is min dinge wat so mooi op die oor val as wanneer iemand wat jou liefhet vir jou bid. Wanneer ’n mens ’n vriend hoor wat met deernis en Godgegewe insig vir jou bid, beleef jy iets van die hemel wat aan die aarde raak.

Tog kan ons gebede, danksy God se goedheid jeens ons, ook aan die hemel…

Groei Verg Tyd

Op haar eerste dag in die kleuterskool is Charlotte gevra om ’n prent van haarself te teken. Haar kunswerk was ’n eenvoudige bol vir die liggaam, ’n langwerpige kop en twee sirkels vir die oë. Op haar laaste dag daar moes Charlotte weer ’n selfportret skets. Dié keer het sy ’n dogtertjie in ’n bont rok, ’n glimlaggende gesig met…